“Super” Excited!

“Super” Excited!

Vandag het ek butterflies in my maag. Ek voel soos ’n kind reg voor kersfees. Ek kan net nie op hou smile nie. Mense komplimenteer my en se hoe “happy” ek lyk.

Ek is happy, moerse!

Sien, dis nie oor ‘n nuwe liefde of nuwe werks geleentheid ens. nie. Nee niks sulke kak nie.

More is ‘n groot dag, ‘n groot dag vir ’n paar miljoen mans en ‘n handtjie vol vrouens.

Die Super Rugby Reeks begin more!! Yip…Dis oorlog tyd … 15 Spanne van 3 lande wat vir die beker met meer as ‘n seer hart soek. Daar gaan bloed wees! oo met moontlike balarina skoentjies wat met ‘n sekere span se pink hempies sal gaan.

Saterdag vat ek my twee klien cubs na hul eerste wedstryd… Dis die Lions teen die Cheetas. Ons sal daar in ROOI. en vir die beste hoop en bid!

 

VIVA SUPER 15…. VIVA RUGBY!!

 

Love.Ligh.Peace

xxxx

My Vriendin(ne)

My Vriendin(ne)

aan my Bookclub Gals

Ek het n vriendin

My liefste vriendin
ek wonder of jy weet…
Hoe besonders spesiaal jy vir my is.

Jy’s my fallen angel
from heaven above.
My rock&roll diva
saam jou is ek laf.

Jy is ‘n rots as ek
vesting soek
teen die wereld
se seer,
jy’t my van
mens-wees
kind-wees
en ek-wees geleer.

Jy is my fashion adviser,
my shop-o-holic partner!!

Jy eet skelm saam my wafels
en drink saam met my wyn.
Jy leer my van moed hou
en opstaan na bitter-seerkry pyn…

Jy’s my oor as ek
wil bitch oor
elke klein cliche…
My terapeut,
afpak plek
wanneer ek baklei.

Dankie maat,
my enigste opregte een…
Dankie dat jy toelaat
dat God jou vir my leen.

Jy is n wonder-mens
en ek het vir jou soveel
respek…
Jou glimlag het kom nes
maak in my hart
soos n bloed-vlek…

Bly net wie jy is
Goose, Bok, Dee, Vriendin, Nicca
En weet ek bid,
dat jy nooit uit my
lewe
sal verdwyn…

‘n Naweek vir die books!

‘n Naweek vir die books!

Ek het een van die beste naweeke agter die blad. Die het begin met bookclub met my beste vriendine. Vriendine wat ek net nie sonder kan klaar kom nie. My ou vriendinetjie van learskool dae tot my my vriendin wat net weet wat om te se. Die vriendin wat alles net in glitter sien en die mal vriendin wat net nie remme het nie.

Ek het paintball gespeel met my goeie chinas. Hulle vat dit soos dit kom en gryp dit by die ballas. Ons het uit ons mae gelag van lekker kry. EN natuurlik lekker gelag vir almal se blou kolle. Ons was weer kinders …. awesome verby!

Ek het ‘n lekker rustige braai gehaad met familie en vriende. Om saam soveel verskillende klas mense te kuier herinner mens net aan een ding… op die einde van die dag is ons almal maar die selfde.

Die groot dag was gister, ek het van die Orlando Torings af gespring! Yip, I grew a pair of iron balls!!! Dit was vreeslik scary ek twyfel ek sou spring as dit nie vir daai einste china’s was van die voorige dag van paintball. En sal ek dit weer doen? Verseker!!! Ek is hooked!!!

Die dag was afgerond met pool en ‘n paar doppe … beter naweek sou ek nie kon eers aan droom nie!!

En my wingwoman die goose was langs my die hele naweek.

Ek het Fantastiese mense in my lewe!! Dankie aan elke liewe een van julle!!

I hartjie Valentine

I hartjie Valentine

Valentines day … al die single mense oor die wereld cringe sodra dit daai tyd is… ek ook. Ek haat dit met ‘n passie! Vir die laaste 4 jaar is ek single op die dag en self voor dit het my ex man glad nie in dit geglo nie…. wats daar om in te glo poephol? Dis maar net ‘n gesture om jou ander helfde bietjies te spoil.

Anyways, dis weer sulke tyd…. maar vir die eerste keer raak dit bietjies  opwindend! Tye het verander en die social “newerke” besef dat daar baie morbiede singles daar buite is en besluit om iets oor die saak te doen. Daar is net single parties waar jy kyk. Eweskielik tel dit in my voordeel om single te wees. Couples mag glad nie deel neem in die parties nie…. awesome!

Yip, ou Minki gaan die keer nie alleen by die huis sit en ‘n bak roomys by haar self verslinter en tranerig na die chick flicks kyk nie. Nope… ek gaan myself opdoll, harties mooi maak, oulike rokkie aantrek en pantoffels  aantrek. Hoekom pantoffels? Want ek gaan Love Suck toe!  En ek SAL myself geniet sonder  om depo te raak dat ek weereens ‘n valentine alleen is nie. En ek gaan ietsie vir die eerste keer ook doen… Speed Dating … Exciting stuff

Die jaar wens ek vir almal ‘n happy Valentine’s dag! Al die love-sick couples en al die alleen loopendes …. HAPPY VALENTINE

P.S. Wens my sterkte vir Woensdag oggend!!

Avondsdrome Van ons eie Leja

Avondsdrome Van ons eie Leja

 

Suid Afrika se musiek talent is onbeskryflik groot maar jy kry nog die strereo type poepholle wat sê : Oo nee, ek like nie Suid Afrikaanse musiek nie. Dan vra ek hulle of hulle eintlike bands of musiekant ken van SA en hulle sal dan terug klap met “ duh, Kurt Darren” … Al wat ek kan doen is my kop sak in my hande en te sug …. shym

Anyways, terug op die subject …. een van my gunsteling groepe is geen suprise Die Heuwels Fantasties en soos all hulle fans is Leja een van die top 5 songs van hulle albums.

Ekt al gesien as die song gespeel word is dit asof almal wat na dit luister amper in ‘n trance gaan..Ek verstaar myself altyd aan die mense (met ‘n grin op my bakkies). Ek onthou verlede Oppikoppi het hulle seker een van die (as dit nie die grootste was nie) grootste crowds gelok….die was amazing beautiful.

Nou die song is glo vir Pierre Greff (vocals) se dogter geskryf. Hoe waar dit is weet ek nie maar dit maak sin. Maar eks seker dit maak sin vir 99% van ons.

Ek het vroeg in my lewe ‘n ma geword en was ooreed dat die pa van my kind (later kinders) en ek sal alles saam oorleef. Ons het “avondsdrome” gehad… Die liefde, hoop en geloof in die verhouding het later na twyfel en wanhoop verander…en hoe is mens seker van jou kinders se toekoms as die verhouding tussen hul ma en pa verkrimmel?

Veraltyd sal daai gevoelens by my wees van onsekerheid… veraltyd sal ek Leja luister en daar aan dink en ja…in die verte tuur

 

Leja
ek weet nie meer of ek jou hieruit kan sien nie
sal ek ooit genoeg geld kan verdien
die nag is koud
en die winter
toe ek jou gesien het vir die eerste keer
Leja
ek kan nie meer onthou hoe dit gevoel het nie
die paaie bly nat
in die winter
in jou ma se oë
ons was tieners
ons kon glo in die dinge daarbo
in jou ma se oë wou ek sien
en wou ek glo
maar tye het verander
em ons raak nie jonger nie
ek kan nie eers meer byhou nie
ons laaste avondsdrome versprei soos waterstrome
op die gras
Leja
sit dit vas
soos dit was
dan sal ons kan
Leja
maar jy’s nou net die pen op ‘n servet
wat ek al weer iewers moes vergeet het
die onoorspronklikheid
nes afgeleide selfverwyt
het ek myself hier uit
uit hierdie storie uitgeskryf

 Love. Light. Peace

Come With Me Now

Come With Me Now

Maak maar net sin!! Damn maar ons het befokte musiek talent in Suid Afrika!

Come With Me Now

by Johnny Kongos

Afraid to lose control
And caught up in this world
I’ve wasted time, I’ve wasted breath
I think I’ve thought myself to death

I was born without this fear
Now only this seems clear
I need to move, I need to fight
I need to lose myself tonight

Come with me now
I’m gonna take you down
Come with me now
I’m gonna show you how

I think with my heart and I move with my head
I open my mouth and it’s something I’ve read
I stood at this door before, I’m told
But a part of me knows that I’m growing too old

Confused what I thought with something I felt
Confuse what I feel with something that’s real
I tried to sell my soul last night
Funny, he wouldn’t even take a bite

Far away
I heard him say (come with me now)
Don’t delay
I heard him say (come with me now)

Love.Peace.Light
Minki

4:20 vir Bob

4:20 vir Bob

Dis Bob Marley se verjaarsdag. Die legend himself. En ek se nie hy is net ‘n legend oor boom rook nie, of oor sy musiek nie en/of dalk dat hy sulke wyse woorde gespreek het nie … maar oor dit alles ☺  

Ek gaan deur die geskiedenis van die man en ek kan nie help om te dink waste bef@kte man hy was nie …. ‘n insperasie verseker!

 

Net die naweek was ek bloot gestel hoe die mensdom vieslik kan wees, kan oordeel en lelike bitterness en jaloesie. Ek moet bieg, ek was amper net so lelik…ek moes (met die hulp van die goose) myself kalmeer en herriner dis nie waarvoor ek staan nie.

 

Dit vat ‘n spesiaale “somebody” om mens te oordeel oor dat hulle ‘n bril dra, dat hulle 2 vet rolletjies extra het en self oor die tiepe “kalm” lewe wat mens ly.

 Ek kry die persoon jammer.

 

Die man het gesê:

 

“Who are you to judge the life I live? I know I’m not perfect and I don’t live to be. But, before you start pointing fingers, make sure your hands are clean.” 

 

Nog ‘n paar “quotes” wat vir my al ‘n verskil gemaak het:

 

“Open your eyes, look within. Are you satisfied with the life you’re living?” 

 

“Rise O fallen fighters, rise and take your stance again, He who fight and run away, live to fight another day” 

“Life is one big road with lots of signs. So when you riding through the ruts, don’t complicate your mind. Flee from hate, mischief and jealousy. Don’t bury your thoughts, put your vision to reality. Wake Up and Live!” 

“My music will go on forever. Maybe it’s a fool say that, but when me know facts me can say facts. My music will go on forever.” 

Verseker!!!!
 
Happy Birthday Bob … Verseker sal almal in jou eer 4:20 hou!

Love.Peace.Light
Minki

Kasteeltjies, ‘n cot en senuwees

Kasteeltjies, ‘n cot en senuwees

My gunsteling dag… Vrydag mense!!

Maar laat ons vinnig recap op laas naweek …. veral oor die duik episode!

Verlede Vrydag aand het met ‘n goei doel begin. Maar julle weet wat hulle sê “the road to hell is paved with good intentions”. Ek was soooo lus vir ‘n lekker lang kasteeltjie by ons local Dros. Waar ons bly ken mense mekaar nog. Verseker as jy dros toe gaan gaan jy in bekende gesigte vas loop!  Soos ek sê, goeie intensies was daar.  Voor ek my oe uitvee was die dit ‘n helse gekuier waar self die Goose nie kon weg bly nie!

Die volgende oggend word ek wakker sonder my foon, bril en buersie! Gelukig het ek al drie weer opgespoor voor sons ondergaan die Saterdag! ‘n Boodskap wat alles nog meer heimsinig gemaak het was die goose wat op ons chat room van “Corn” laat weet ek is missing?? ‘n uitskree na die arme “PRATT!!” en dan ‘n snaakse sin van “Where is Celeste, I can’t move use I’m @ cot. Shot on atlas road.” Ek reken ons sal nooit regtig weet wat daai aand gebeur het nie … LET WEL, ek het NIE bestuur nie!

Saterdag was helse struid, ek en die Goose (wie nie weet wie sy is nie gaan lees asb http://benonigoose.wordpress.com/ ) is strate toe met 5 kids. Die grootste fout wat ons kon maak was om te dink dat ons die kids gaan “treat” met Milky Lane vergeetend dat dit maand einde is.

Dit was die middag dat die goose my so mooi vertel het dat ek iemand anders se plek gaan vat met bungee die volgende dag.

Nou kyk, ons het af gespreek dat ons meer adventure sports gaan doen die jaar…. maar ek het dit mooi laat verstaan dat ek en hoogte nie tjommies is nie. Ek is niks bang vir slange, skerpeoene, spinnekoppe … maar hooge, is ek POEP BANG.

Maar my liewe ou “BF” het my baie vinnig oortuig dat dit my oor die vrees sal kry.

So, met my twee kidios as my aan moedigings, die goose en twee ander brawe siele Shani en Duff,  was ons oppad na die Orlando Towers in Seweto . Daar aan gekom en sommer dadelik ‘n paar “courage” kasteeltjies bestel! Terwyl ek die kasteeltjies af werk kyk ek na die ander poepholle wat so stupid is om aft e spring van so moer hoog toring … Ek kon nie glo ek gaan net so stupid wees nie. My hande het begin sweet, ek kon skaars reg sien, my stem het begin bewe as ek praat…. Duff het toe ‘n wetenskap dat ek sal uit chicken …. een ding van my …. MOET DIT NOOIT DOEN NIE, Nous al ek hom MOET verkeerd bewys.

Fast forward so ‘n uur daarna. ‘n baie vriendelik klien meisie is besig om my op te strap. Ons is nog op die grond maar ek en die goose is saam die volgende lot mense wat op gaan. Ons het baie bond strepie kouse gekies om aan tetrek vir die spot en verseker staan ons (soos gewoonlik) weer uit.

Daars ‘n ander man wat net so senuwee agtig lyk soos ek, indien nie erger nie! Hy vertel my dat al rede hoekom hy gaan spring is dat dit sy beste vriend se verjaarsdag is en dis wat hy wou doen….wat ons nie sal doen vir vriende nie.

Die huisbak na bo was vreeslik erg. Ek dink ek het vir die arme Goose blou kolle gegee soos ek aan haar geklou het. My oe was toe maar ek kon voel hoe hoog ons gaan.

Uit die huisbak loop jy weer ‘n paar trappe meer op…. ding is, jy kan onder jou sien….dit was VKKEN hoog!!! Ek was reg…soort van… ekt op ‘n hout boks gaan sit en myself oor tuig dat ek dit kan doen. Ek het so ver gekom, ek gaan dit doen. ‘n man sien my so met myself praat en hy probeer small talk doen. “First jump?” Ek kyk hom stip in die oe en die woorde wat uit my kom sal my gewoonlik laat bloos… Vloek was al wat ek kon doen. Die arme man het nie geweet wat om van my te dink nie.

Ek was reg…. as ready as can be….ek was volgende hoor ek….SHIT…. nou is dit ek, die tou, hoogte ….maar die reen tune ons toe een groot pit!

It was not meant to be!!

Ek was verlig maar ek dink meer teleurgesteld! Ek was reg damnit!

Hulle het vir ons ‘n voucher gegee en ons sal terug keer…. sover sal dit die 11 Feb wees…. so watch this space!

Maar vir nou is daar nog ‘n naweek wat voorlê, nog “black outs?” nog memories wat net ‘n single gal kan maak …

 

KOM ONS DUIK!