Ek skryf nie gewoonlik oor sulke dinge nie, maar vandag … of wel die week… is een van “daai” weke… En ek voel ek wil bietjies deel
As ‘n dogtertjie was dit al wat ek wou wees … ‘n mamma. (Dare to laugh)… Ek het die hele keebang gesoek. “n man, ‘n oulike huisie, ‘n loopbaan, troeteldiere en ja, my 2.5 kids
My eerste was ‘n oeps. Ek en my ex het maar net so 6 maande “gedate” toe ek agter kom ek is swanger. Hy is Catholic so sy ouers wou he ons moes dadelik trou (Dank die Vader ek is so hardkopig soos my ma) maar ek het nee gese. Ek was verlief maar ek was onseker…
Fast forward twee jaar en ons was nog saam, gelukkig met ons todlertjie … die mooiste suentjie wat jy ooit sal sien (en ek se dit nie net omdat hy my kind is nie, mooi is ‘n understatement). Die man wou egter nog een he en woeps-waps ek was swanger weer … die sonde… ons was nog steeds nie getroud nie !! (verloof wel)
Ekt nooit geding ek kan so lief wees vir twee mense terselfe tyd nie maar ek was …. ek was en is dood verlief op my pragtige twee seuns. Hulle is my alles. Deur nagte van wakker bly omdat jou kind ‘n viral maag kwaal op doen was niks, dis wat ons mammas mos doen? Ons maak die vrot doeke skoon met ‘n smile en soen die shoe-shoes mos beter. Vee die snot nuese sommer met jou eie hemp af. Die dummy val en jy suig dit gou skoon … easy peasy.
Jou hoop en droom vir jou kinders is dat hulle sterk mense sal groot word. Morale, goeie maniere, respek vir vroue en die lys gaan aan. Jy soek hulle net gelukkig.
“n paar jaar later op ou jaars dag raak my oudste siek en ek kom gou agter daars groot fout. Met my 2jarige kind onder die een arm en my siek 4 jarige met “man lief” langs my gaan ons emergency kamers toe …. My grootste vreese was waar… dis brein vlies onsteking. Ek was nog nooit so bang toe ek my kind se oegies sien omdop nie. Histeries bel ek my ma om dadelik te kom.
Terwyl hulle my kind ‘n lumber punch gee belowe ek net daar en dan dat ek NOOIT weer ‘n kind sal baar nie. Nog ‘n kind beteken grooter kans dan daar iets kan gebeur met een van hulle (as dit sin maak) …
My oudste is ok nou. Die dokter het gese ons was net betyds … (hier moet ek dankie aan my ma sê wat my die waarskuwing tekens gegee het toe ek swanger was al met my eerste)
Fast Forward weereens…. ek en die kids se pa is uitmekaar en die nou se worry is die skool werk. Vanoggend was ek by die skool se O.T waar ek vertel was soos ek vermoed het. My kind het ‘n konsentrasie probleem en mag dalk ‘n sekere pilletjie nodig hê. My hart breek in 20 miljoen stukkies. Die laaste wat ‘n ma wil sien is dat haar kind(ers) sukkel. En ons probeer maar die beste wat ons doen maar bevraag teken maar elke besluit wat ons self maak.
Ek het die mooiste en lieflikste seuns en ek sal my lewe vir hulle gee. Ek is oneindig dankbaar vir elke dag wat ek saam hulle kan wees.
Die ma “job” is die moeilikste werk ooit maar hells bells, ek sien hulle beautiful blou oe, die olyf bruin velletjies en die pragtige engel stemmetjies wat sê “I love you mommy” en ek weet dis well worth it… Dis die beste werk ooit!
Love.Light.Peace






