‘n Grooter fan kry jy nie….ek was nog altyd lief vir die twee. Hulle kom ‘n ver pad saam my … van kinder dae.

Hulle is legends op hulle eie regte.  En so baie try maar hulle bes maar sal nooit (ek se weer) nooit ooit legends wees soos die twee nie. Hulle kom van toeka jare af (en nee, eks nou nie so oud nie). Ek kan aan niks beter dink om langs ‘n vuurtjie te sit (winter of somer) en na die twee te luister nie.

Musiek is daar vir ons siel. Dit kan jou so vinnag op kikker of net so vinnag laat hartseer voel. Met elke gevoel wat duer jou aare vloei is daar te minste honderde songs wat met dit gaan. Verseker sal mens op ‘n Vrydag middag meer upbeat musiek luister want jys in ‘n goeie bui …. as jy my pel is op bbm het ek verseker vir jou dan die “kom ons duik” foto gestuur en jy is reg vir party …. kom Maandag is dit meer mellow en chilled.

Ons was almal al baie seer gemaak deur die teenoorde geslag (of as jy bietjie skyns le die selle geslag). Ou Adele se CD gaan defnitief in daai CD speler in pop word ….

Nou kyk, enige iemand wat my ken weet ek is ‘n musiek junky … dis my drug … vanaf ek wakker word totdat ek gaan slaap moet daar musiek aan wees. Ek is verslaaf en ek kort my fix elke liewe oomblik van die dag :-)

Maar vat weg al die kunstenaars in die wereld behalwe twee … Oom Koos en Tannie Laurika …. en jy het verseker al jou emosional, al jou ups en downs musiek!

Ja…die twee mag maar.

Tannie Laurika was die een wat my op gecheer het al van tiener jare … met Nostalgie en  Neanderdalman en wie kan ooit vergeet Stuur Groete aan Manetjies Roux (verseker niemand wat in Laerskool Baanbreker was nie) …. sy het tonne maar  ‘n ietsie van als. Liefdes, seer hart, fun en upbeat … sy het dit! En ja, ek was al gevra hoekom luister ek na die “ou tannie” mesiek . My vriend, as jy nie die Tannie se musiek luister nie is ek jammer…dan het jy boggerol class.

Baie mense ken weer net oom Koos se “funny” of sy kras liedtjies. Sodra ek my (self die naam gegee) “mellow Oom Koos” in gooi dan is hulle so verbaas. Hy het waarlik ‘n way met woorde. Dis asof hy diep binne mens se siel gaan krap met die songs. Hoe romanties is Bicycle Sonder ‘n slot? En hoe awesome is die song  boer in beton. Maar twee van my all time gunstelings is Johny is nie dood nie en Ek travel in staail. VERBY AWESOME! Die heel bekenste natuurlik is Lisa se Klavier … al het baie dit al oor gesing kan niemand naby Oom Koos kom nie.

Ek is verlief …. op oom Koos en tannie Laurika se musiek …. dis die enigste liefde in my lewe wat nog so lank aan hou.

Tannie Laurika se Nostalgie:

KOM SIT STYF HIER TEEN MY
JOU KOP AGTEROOR
HOOR JY HOE SAG VAL DIE REËN
DIE DAG IS VERBY
NOG ‘N WEEK NOG ‘N MAAND
WAAR LOOP DIE TYD MET ONS HEEN?
ONTHOU JY HOE VER MOES ONS SKOOL TOE STAP?
EN SOU JY MY FLIEK TOE VRA
DAN MOES ONS JOU TJOR AAN DIE BRAND KRY, EK EN JY
JA, DIT WAS DIE GOEIE OU DAE

KOOR(1):
MY HELD WAS ELVIS, MY ELVIS
MY ‘HEARTBREAK HOTEL’
TOE JY NOG VIR MY MET
‘N TIEKIE KON BEL
KOM ONS KLINK ‘N ROOI GLASIE WYN
OP ONS SKETE EN PYN
EN GEE ONS OOR AAN DIE NOSTALGIE

DIE KIEKIES IS DOF
DIE ALBUM VOL STOF
KYK … HIER BAK MA HAAR BESKUIT
DAAR STAMP STEPHANUS VIR MIEN IN DIE DAM
O HOOR JY DIE WIND TEEN DIE RUIT?

DIE KINDERGESIGGIES, DIE STERRE SE LIGGIES
LAAT JOU VAN VOOR AF ONTHOU
OU VRIENDE IS DOOD
DIE KLEINSPAN WORD GROOT
KYK NET WAAR STAAN ONS NOU

KOOR(2):
DRAAI WEER DAAI ‘RAMBLIN’ ROSE’-PLAAT
VAN NAT ‘THE KING’ COLE
EN ‘YOUR CHEATIN’ HEART’
EN ‘HE’LL HAVE TO GO’
KOM ONS RUIL VANDAG SE RUMOER VIR ‘N OUTYDSE TOER
EN GEE ONS OOR AAN DIE NOSTALGIE

ONTHOU JY DIE SAAM BESLUIT
LIEFDE HAD GEEN PERKE
SAAM VEG TEEN DIE STEILTES UIT
HIER STAAN ONS NOU
STERKER EN STERKER OE…

Laurika Rauch en Koos Kombuis … I solute you!

Love.Peace.Light

xoxoxoxoxox

2 Responses »

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s