Single en Fabulous!

Single en Fabulous!

Dis maar soms vreeslik moeilik met die hele “single” ding. Veral as jy ‘n uhm…errr…”30-something” single gal is.

In ‘n wêreld waar almal “couplehood” celebrate is dit maklik om depresief te raak oor jou enkel lewe. MAAR ek glo vas wat so veel ander vrouens al gesê het “Jy het nie iemand nodig om jou gelukkig te maak nie.”

Ja, selfs ek kry maar my af dae waar ek na iemand verlang wat ek nie ken nie :-)  En dit gebeur soms dikwels.

Ding is net. My ouderdom kom mens agter dat jy nie vir second best kan settle nie. Net die beste sal doen. En ja, ek weet ek is vol snert  (en ek sê sommer nou jammer aan seker mans daar buite wat my mooi gevra het vir ‘n kans) maar as jy weet vir ‘n feit dinge gaan net nie uitwerk nie hoekom “waste time”?

Daars iemand wat ek ken wat my ALTYD die selfde vraag vra. “En?? Hoe gaan dit met die liefdes lewe?” DIT MAAK MY MAL!!

Dis veral moeilik by familie byeenkomste en sommige vriende se events. Ek kry dikwels (veral met die familie ding) anxiety attacks! Ek is die enigste enkel “kind” in my familie. Ja, ek was verloof en ja ek het twee kinders maar dis nog steeds ‘n issue. Die feit dat ek (in ander mense se oë) ‘n wilde lewe het help ook niks.  Ek is wie ek is. En wanneer my kinders na hulle pa toe gaan ek beslis nie by die huis sit en brei nie.

Om troues toe te gaan is ook moeilik. En om van nog ‘n verloowing te hoor is net so torture!

Ja, ek stem. Dit is soms baie eensaam. En ja, dit sou lekker wees om te hoor van jou ander helfde hoe goed jy lyk of hoe spesiaal jy is.

Maar ek moet bieg…daar is moer baie advantages en ek deel graag maar net ‘n paar …

Tyd.en Besluite.. dis JOUNE … wel, as jy kids het soos ek is tyd  nie altyd nie maar sodra die apies by hulle pa is is tyd MYNE!  Iets so simple soos iemand gou te gaan ontmoet vir ‘n lang een by die Dros tot ‘n klomp girls oor hê vir “book club” is sommer ‘n baie maklike besluit want dit hang nie van iemand anders af nie!

Jy ken jou vriende… nou as jy in verhoudings soos ek was sal jy dit verstaan. Ek was af gesluit van die wêreld vir so lank. Ek het nou ‘n “sisterhood” for life!  Hulle sal altyd maar altyd my sisters wees!

Feeste (aka Festivals) … julle weet eks ‘n Oppikoppi Junkie. Maar toe ek involved was kon ek nooit gegaan het nie want my ander helfde hou nie van kamp nie of daar was altyd ‘n verskooning. Nou date k weet wat ek gemis het sal sal ek nie maklik ‘n fees weer mis nie!! Ek het my tent en my swart boks kamp essentials net vir feeste!

Met “30’s” besef ek ook wat meer belanriker is in ‘n man (kwaliteite)… Ek sou ‘n paar jaar terug veel eerder aan die jonger kant, skoon geskeerde en gespierde knaap aandag gee. Nou moet ‘n man soos ‘n man lyk. Hy moet self confident wees (nie arrogant nie) en die lead kan vat. Soos ‘n mede blogger die naweek geskryf het … jy kry sulke mans net nie meer so maklik nie. As jy my vra op ‘n date wees ‘n donnerse man en vat die lead… jy moet al klaar weet waar jy my wil vat!

 

Om ‘n enkele vrou te wees is ‘n bron van ontsteltenis vir baie vroue. Maatskaplike en familie druk kan selfs die mees vertroue vrou in haarself twyfel.  MOET NIE!!

Daar is geen ding soos second best nie girls! As jy nie seker is oor jou toekoms met iemand nie hoekom op wees aarde mors jy kosbare tyd?? Wees altyd seker! go for the brass ring and shoot for the stars”

Ek het my tyd genoeg gemors op die verkere mans…. no more! 

Ek is single and fabulous!

Love.Light.Peace

‘n Ma se hart se punt

‘n Ma se hart se punt

Ek skryf nie gewoonlik oor sulke dinge nie, maar vandag … of wel die week… is een van “daai” weke… En ek voel ek wil bietjies deel

As ‘n dogtertjie was dit al wat ek wou wees … ‘n mamma. (Dare to laugh)… Ek het die hele keebang gesoek. “n man, ‘n oulike huisie, ‘n loopbaan, troeteldiere en ja, my 2.5 kids

My eerste was ‘n oeps. Ek en my ex het maar net so 6 maande “gedate” toe ek agter kom ek is swanger. Hy is Catholic so sy ouers wou he ons moes dadelik trou (Dank die Vader ek is so hardkopig soos my ma) maar ek het nee gese. Ek was verlief maar ek was onseker…

Fast forward twee jaar en ons was nog saam, gelukkig met ons todlertjie … die mooiste suentjie wat jy ooit sal sien (en ek se dit nie net omdat hy my kind is nie, mooi is ‘n understatement). Die man wou egter nog een he en woeps-waps ek was swanger weer … die sonde… ons was nog steeds nie getroud nie !! (verloof wel)

Ekt nooit geding ek kan so lief wees vir twee mense terselfe tyd nie maar ek was …. ek was en is dood verlief op my pragtige twee seuns. Hulle is my alles. Deur nagte van wakker bly omdat jou kind ‘n viral maag kwaal op doen was niks, dis wat ons mammas mos doen? Ons maak die vrot doeke skoon met ‘n smile en soen die shoe-shoes mos beter. Vee die snot nuese sommer met jou eie hemp af. Die dummy val en jy suig dit gou skoon … easy peasy.

Jou hoop en droom vir jou kinders is dat hulle sterk mense sal groot word. Morale, goeie maniere, respek vir vroue en die lys gaan aan. Jy soek hulle net gelukkig. 

“n paar jaar later op ou jaars dag raak my oudste siek en ek kom gou agter daars groot fout. Met my 2jarige kind onder die een arm en my siek 4 jarige met “man lief” langs my gaan ons emergency kamers toe …. My grootste vreese was waar… dis brein vlies onsteking. Ek was nog nooit so bang toe ek my kind se oegies sien omdop nie. Histeries bel ek my ma om dadelik te kom.

Terwyl hulle my kind ‘n lumber punch gee belowe ek net daar en dan dat ek NOOIT weer ‘n kind sal baar nie. Nog ‘n kind beteken grooter kans dan daar iets kan gebeur met een van hulle (as dit sin maak) …

My oudste is ok nou. Die dokter het gese ons was net betyds … (hier moet ek dankie aan my ma sê wat my die waarskuwing tekens gegee het toe ek swanger was al met my eerste)

Fast Forward weereens…. ek en die kids se pa is uitmekaar en die nou se worry is die skool werk. Vanoggend was ek by die skool se O.T waar ek vertel was soos ek vermoed het. My kind het ‘n konsentrasie probleem en mag dalk ‘n sekere pilletjie nodig hê. My hart breek in 20 miljoen stukkies. Die laaste wat ‘n ma wil sien is dat haar kind(ers) sukkel. En ons probeer maar die beste wat ons doen maar bevraag teken maar elke besluit wat ons self maak.

Ek het die mooiste en lieflikste seuns en ek sal my lewe vir hulle gee. Ek is oneindig dankbaar vir elke dag wat ek saam hulle kan wees.

Die ma “job” is die moeilikste werk ooit maar hells bells, ek sien hulle beautiful blou oe, die olyf bruin velletjies en die pragtige engel stemmetjies wat sê “I love you mommy”  en ek weet dis well worth it… Dis die beste werk ooit!

Love.Light.Peace

“Super” Excited!

“Super” Excited!

Vandag het ek butterflies in my maag. Ek voel soos ’n kind reg voor kersfees. Ek kan net nie op hou smile nie. Mense komplimenteer my en se hoe “happy” ek lyk.

Ek is happy, moerse!

Sien, dis nie oor ‘n nuwe liefde of nuwe werks geleentheid ens. nie. Nee niks sulke kak nie.

More is ‘n groot dag, ‘n groot dag vir ’n paar miljoen mans en ‘n handtjie vol vrouens.

Die Super Rugby Reeks begin more!! Yip…Dis oorlog tyd … 15 Spanne van 3 lande wat vir die beker met meer as ‘n seer hart soek. Daar gaan bloed wees! oo met moontlike balarina skoentjies wat met ‘n sekere span se pink hempies sal gaan.

Saterdag vat ek my twee klien cubs na hul eerste wedstryd… Dis die Lions teen die Cheetas. Ons sal daar in ROOI. en vir die beste hoop en bid!

VIVA SUPER 15…. VIVA RUGBY!!

Love.Ligh.Peace

xxxx

My Vriendin(ne)

My Vriendin(ne)

aan my Bookclub Gals

Ek het n vriendin

My liefste vriendin
ek wonder of jy weet…
Hoe besonders spesiaal jy vir my is.

Jy’s my fallen angel
from heaven above.
My rock&roll diva
saam jou is ek laf.

Jy is ‘n rots as ek
vesting soek
teen die wereld
se seer,
jy’t my van
mens-wees
kind-wees
en ek-wees geleer.

Jy is my fashion adviser,
my shop-o-holic partner!!

Jy eet skelm saam my wafels
en drink saam met my wyn.
Jy leer my van moed hou
en opstaan na bitter-seerkry pyn…

Jy’s my oor as ek
wil bitch oor
elke klein cliche…
My terapeut,
afpak plek
wanneer ek baklei.

Dankie maat,
my enigste opregte een…
Dankie dat jy toelaat
dat God jou vir my leen.

Jy is n wonder-mens
en ek het vir jou soveel
respek…
Jou glimlag het kom nes
maak in my hart
soos n bloed-vlek…

Bly net wie jy is
Goose, Bok, Dee, Vriendin, Nicca
En weet ek bid,
dat jy nooit uit my
lewe
sal verdwyn…

‘n Naweek vir die books!

‘n Naweek vir die books!

Ek het een van die beste naweeke agter die blad. Die het begin met bookclub met my beste vriendine. Vriendine wat ek net nie sonder kan klaar kom nie. My ou vriendinetjie van learskool dae tot my my vriendin wat net weet wat om te se. Die vriendin wat alles net in glitter sien en die mal vriendin wat net nie remme het nie.

Ek het paintball gespeel met my goeie chinas. Hulle vat dit soos dit kom en gryp dit by die ballas. Ons het uit ons mae gelag van lekker kry. EN natuurlik lekker gelag vir almal se blou kolle. Ons was weer kinders …. awesome verby!

Ek het ‘n lekker rustige braai gehaad met familie en vriende. Om saam soveel verskillende klas mense te kuier herinner mens net aan een ding… op die einde van die dag is ons almal maar die selfde.

Die groot dag was gister, ek het van die Orlando Torings af gespring! Yip, I grew a pair of iron balls!!! Dit was vreeslik scary ek twyfel ek sou spring as dit nie vir daai einste china’s was van die voorige dag van paintball. En sal ek dit weer doen? Verseker!!! Ek is hooked!!!

Die dag was afgerond met pool en ‘n paar doppe … beter naweek sou ek nie kon eers aan droom nie!!

En my wingwoman die goose was langs my die hele naweek.

Ek het Fantastiese mense in my lewe!! Dankie aan elke liewe een van julle!!

I hartjie Valentine

I hartjie Valentine

Valentines day … al die single mense oor die wereld cringe sodra dit daai tyd is… ek ook. Ek haat dit met ‘n passie! Vir die laaste 4 jaar is ek single op die dag en self voor dit het my ex man glad nie in dit geglo nie…. wats daar om in te glo poephol? Dis maar net ‘n gesture om jou ander helfde bietjies te spoil.

Anyways, dis weer sulke tyd…. maar vir die eerste keer raak dit bietjies  opwindend! Tye het verander en die social “newerke” besef dat daar baie morbiede singles daar buite is en besluit om iets oor die saak te doen. Daar is net single parties waar jy kyk. Eweskielik tel dit in my voordeel om single te wees. Couples mag glad nie deel neem in die parties nie…. awesome!

Yip, ou Minki gaan die keer nie alleen by die huis sit en ‘n bak roomys by haar self verslinter en tranerig na die chick flicks kyk nie. Nope… ek gaan myself opdoll, harties mooi maak, oulike rokkie aantrek en pantoffels  aantrek. Hoekom pantoffels? Want ek gaan Love Suck toe!  En ek SAL myself geniet sonder  om depo te raak dat ek weereens ‘n valentine alleen is nie. En ek gaan ietsie vir die eerste keer ook doen… Speed Dating … Exciting stuff

Die jaar wens ek vir almal ‘n happy Valentine’s dag! Al die love-sick couples en al die alleen loopendes …. HAPPY VALENTINE

P.S. Wens my sterkte vir Woensdag oggend!!

Avondsdrome Van ons eie Leja

Avondsdrome Van ons eie Leja

 

Suid Afrika se musiek talent is onbeskryflik groot maar jy kry nog die strereo type poepholle wat sê : Oo nee, ek like nie Suid Afrikaanse musiek nie. Dan vra ek hulle of hulle eintlike bands of musiekant ken van SA en hulle sal dan terug klap met “ duh, Kurt Darren” … Al wat ek kan doen is my kop sak in my hande en te sug …. shym

Anyways, terug op die subject …. een van my gunsteling groepe is geen suprise Die Heuwels Fantasties en soos all hulle fans is Leja een van die top 5 songs van hulle albums.

Ekt al gesien as die song gespeel word is dit asof almal wat na dit luister amper in ‘n trance gaan..Ek verstaar myself altyd aan die mense (met ‘n grin op my bakkies). Ek onthou verlede Oppikoppi het hulle seker een van die (as dit nie die grootste was nie) grootste crowds gelok….die was amazing beautiful.

Nou die song is glo vir Pierre Greff (vocals) se dogter geskryf. Hoe waar dit is weet ek nie maar dit maak sin. Maar eks seker dit maak sin vir 99% van ons.

Ek het vroeg in my lewe ‘n ma geword en was ooreed dat die pa van my kind (later kinders) en ek sal alles saam oorleef. Ons het “avondsdrome” gehad… Die liefde, hoop en geloof in die verhouding het later na twyfel en wanhoop verander…en hoe is mens seker van jou kinders se toekoms as die verhouding tussen hul ma en pa verkrimmel?

Veraltyd sal daai gevoelens by my wees van onsekerheid… veraltyd sal ek Leja luister en daar aan dink en ja…in die verte tuur

 

Leja
ek weet nie meer of ek jou hieruit kan sien nie
sal ek ooit genoeg geld kan verdien
die nag is koud
en die winter
toe ek jou gesien het vir die eerste keer
Leja
ek kan nie meer onthou hoe dit gevoel het nie
die paaie bly nat
in die winter
in jou ma se oë
ons was tieners
ons kon glo in die dinge daarbo
in jou ma se oë wou ek sien
en wou ek glo
maar tye het verander
em ons raak nie jonger nie
ek kan nie eers meer byhou nie
ons laaste avondsdrome versprei soos waterstrome
op die gras
Leja
sit dit vas
soos dit was
dan sal ons kan
Leja
maar jy’s nou net die pen op ‘n servet
wat ek al weer iewers moes vergeet het
die onoorspronklikheid
nes afgeleide selfverwyt
het ek myself hier uit
uit hierdie storie uitgeskryf

 Love. Light. Peace

Come With Me Now

Come With Me Now

Maak maar net sin!! Damn maar ons het befokte musiek talent in Suid Afrika!

Come With Me Now

by Johnny Kongos

Afraid to lose control
And caught up in this world
I’ve wasted time, I’ve wasted breath
I think I’ve thought myself to death

I was born without this fear
Now only this seems clear
I need to move, I need to fight
I need to lose myself tonight

Come with me now
I’m gonna take you down
Come with me now
I’m gonna show you how

I think with my heart and I move with my head
I open my mouth and it’s something I’ve read
I stood at this door before, I’m told
But a part of me knows that I’m growing too old

Confused what I thought with something I felt
Confuse what I feel with something that’s real
I tried to sell my soul last night
Funny, he wouldn’t even take a bite

Far away
I heard him say (come with me now)
Don’t delay
I heard him say (come with me now)

Love.Peace.Light
Minki