Daars mos ‘n gesegde “Met ouderdom kom wysheid”.  Ek was oor en oor vertel duer verskillende mense dat hoe ouer jy raak hoe makliker raak die lewe. Mens begin mos dan meer gemaklik te voel in jou eie vel. Raak beter mos in besluite te maak. Het mos meer ervaaring in die lewe om moeilker situasies aan te durf.  Jou verhoudings begin stabiliseer.

Nou vra ek met trane in my oe …. Wie het al die KAK op gemaak??

As ‘n jongerling het mens soveel ambisie en inspirasie en doele …. Awe die doele wat mens het … Kyk, ek moes al getroud gewees het met ‘n man wat my oneidig lief het, ‘n goeie werk, ‘n huisie in ‘n goeie area. ‘n Behoorlike groot family kar…. Jy weet, wat alle tiener meisies aan droom.

Hier sit ek, sopas 30 geword. Eks ‘n single ma …wel soort van (‘n ander dag se storie). My kinders is vir ‘n ruk na hulle pa toe (skool vakansie) en ek sit elke aand stok siel alleen. Eks gelukig met my werk maar niks het uit gedraai soos ek gehoop het nie. Waars die white picket fences? Waars die Romeo? Waars alles wat ek so lank oor gedag droom het? Ek kan nie glo ek is 30 nie! Realiteit het al my drome weg gebliksem…al wat daar nou oor is is dalk ‘n bietjie hoop

Maar ek het die realiteit aanvaar…. So luiste meisies (en eks jammer dat julle dit vroeer moet uitvind). Daai ridder op die wit perd …. Hy bestaan nie.  Raai wat, geld maak jou baie meer gelukkiger. ‘n aanhouer wen nie, en uiterlike skoondheid tel baie! Naiwiteit gaan jou nerens bring so word nou wakker en drink ‘n sterk koppie koffie. Die lewe is maar net unfair. Deal with it (ek probeer nog).

Ek verstaan as jy nie saam stem nie …. Jy is of A) onder die ouderdom van 30 of B) getroud en oortuig dat die lewe net goed was vir jou …. En indien so, good for you! Jy is een uit ‘n miljoen!

Hoe vinnagir jonges (veral die meisies) besef dat jy nooit daai huisie by die see gaan he nie, nooit daai droom man, kinders, huis en kar gaan he nie, hoe makliker sal dit raak.

Moet asb my nie verkeerd verstaan nie. Ek is glad nie verbitterd nie. Ek dink ek het dit nog easy gehaad teenoor ander mense. Ek voel net die jueg word oor en oor gebullshit met sprokies. Later in lewe vra hulle (soos ek) maar waar het dit sprokie?

MAAR soos my duurbare moeder vir my altyd se… dinge gebuer vir ‘n rede. Ek kan natuurlik nie altyd die rede sien nie maar ek verstaan dat wat my nie breek nie maak my sterker.

En flippen hell ek weier dat ek gebreek word!

7 Responses »

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s