Monthly Archives: March 2012

Karma gevolg deur Murphy

Standard

Murphy was nog nooit my pel nie…Dis ‘n feit. Nie dat ek myself jammer kry nie maar dis maar net hoe dinge staan.

Kyk, verseker gaan my ou parratjie (dis nou my vintage Beetle) breek sodra dit pay day is of die oond/was machine/tumble dryer gee in sodra ek ‘n lekker extra geldtjie kry van die werk. Of… Die kinders slaan 5 vensters uit, breek  al die glase in die huis en verloor hulle (kostlike) skool skoene sodra SARS ‘n geldtjie terug gee. Of wag… my beste… ontmoet ‘n man wat my adore, sweet nothings in my oor fluister, die vloer waarop ek loop aanbid … die catch? Hy is getroud of hy is ‘n uitlander en moet terug huis toe… *sug* en so gaan die storie van my lewe.

Soms dink ek dit is alles oor Karma … vir dinge wat ek aan my ouers gedoen het en ek moet confess… as ‘n tiener was ek nou nie die vriendlikste meisie onder die son nie… meskien is dit daaroor. Of daai kêrel wat ek so sleg behandel het ….

 

Call it what you want…of dit Murphy is of Karma … of Karma gevolg met Murphy… iets is net nie reg nie!

Oppikoppi 2012

Standard

http://free.timeanddate.com/countdown/i2xsworz/n111/cf12/cm0/cu4/ct0/cs0/ca0/cr0/ss0/cac000/cpcf00/pct/tcfff/fs100/szw320/szh135/tatOppikoppi%202012!!/tacf90/tptDis%20tyd%20….%20kom%20ons%20duik!/tpcf00/matKom%20aan%20tyd!!/mac990/mpt…..%20Happy%20Days%20….%20/mpc900/iso2012-08-09T09:00:00/pd3

OPPIKOPPI. Jy verwoes my!

Standard

Ja, Swaer.

Hoeveel maande is al verby en nog net 4 maande wat wag! My bloed borrel sommer om net aan dit te dink …. Ek weet dit sal eers tot rus kom op die plaas. Of ek nou in ‘n vreemde tent neer bliksem (waar ek 4 uure verdwaal om my eie tent op te spoor), of die lank koue stap met ‘n sekere iemand (I shall not reveal names) wat gat heel tyd probeer vat met ‘n “ag toe nou sweet-lips” of wakker word onner die boom in die laat middag met gras met woeste hare of dat ek alles (tydelik) verloor en heeltyd moet vra, wiet my sak? Wiet my hoed? Wiet my bril?…Met koue aande waar jy glad nie meer jou neus kan voel nie en die dae waar dit voel soos die warmste dag in Desember… ek word weer heel daar.

“Dis alles goed en wel, ou pêl
Maar kom laat ek jou ‘n ding vertel
Van die lewe op die highway to hell
Tussen AC/DC en die Rolling Stones
Tussen die noodnommers en die pay phones
Lê die langpad besaai met ouens soos ons.”   – Valiant Swart

Of jy nou oppi bier is, brannas, whiskey, “klein duane”, of ou Mario se goeie sampioene. Hey, dalk doen jy dit sober (skandaal) … die 3 dae is vir ons, die musiek junkies. en nie net enige musiek nie maar goei, Suid-Afrikaanse Ruk en Roll, Folk, Jazz en ‘n kak huis fol SOUL (laat ons nie die Dubstep vergeet Oppikoppi nie!). Chris Chameleon het eens gesê “Kommersiële musiek is soos McDonalds”…

 Ons ry 3 uure en ander ry al die pad van die Kaap om elke jaar die  amazing fees te aanskou. Dis ons broederskap Dis ons geloof. En dit is in ons bloed.

4 maande .. *sug*… maar voor ons, ons oë oop maak, kry ek weer e – posse “Minks, gooi weer gou daai pak lys vir Oppi!”

Oor TWEE dae word die jaar se tema announced! (stay tuned)

 Maar tot dan toe…borrel dit hier binne my 

OPPIKOPPI. Jy verwoes my. Sodat ek kan terugkom vir nóg.

Voor bessies was daar CD’s met Tracey

Standard

Yip, die bessie word gemis…duidelik, sommer 2 inskrywings in een dag! Wow …

Wel, dis eintlik oor ‘n song wat ek net nie uit my kop kan kry nie…dag nommer5 al!

Laat my terug dink aan my koshuis dae… ons meisies koshuis was verslaaf aan Tracey Chapman. Ek onthou hoe die girls hulle kêrels by die tiekie bokse (ja, daar was nie bessies daai tyd nie) gebel het met die CD player wat reg staan met “Baby can I hold You” (ja, daar was darm al CD’s daai tyd).

Maar nou die dag speel een van haar songs op my play list en toe sit dit net vas … ek speel die song oor en oor en eks doodseker die bure gaan binne kort oorkom en vra om ‘n ander liedtjie te speel! Dis net ‘n stunning song en op sekere mate “apply” dit …. owe well … whatever

Hier is die lyrics …. my gunsteling Tracey Chapman song

Give Me One Reason by Tracey Chapman

Give me one reason to stay here
And I’ll turn right back around
Give me one reason to stay here
And I’ll turn right back around
Because I don’t want leave you lonely
But you got to make me change my mind

Baby I got your number and I know that you got mine
But you know that I called you, I called too many times
You can call me baby, you can call me anytime
But you got to call me

Give me one reason to stay here
And I’ll turn right back around
Give me one reason to stay here
And I’ll turn right back around
Because I don’t want leave you lonely
But you got to make me change my mind

I don’t want no one to squeeze me, they might take away my life
I don’t want no one to squeeze me, they might take away my life
I just want someone to hold me and rock me through the night

This youthful heart can love you and give you what you need
This youthful heart can love you and give you what you need
But I’m too old to go chasing you around
Wasting my precious energy

Give me one reason to stay here
And I’ll turn right back around
Give me one reason to stay here
And I’ll turn right back around
Because I don’t want leave you lonely
But you got to make me change my mind

Baby just give me one reason, Give me just one reason why
Baby just give me one reason, Give me just one reason why I should stay
Because I told you that I loved you
And there ain’t no more to say

Verslaaf…

Standard

Ek is die eerste een wat sal confess …ek is verslaaf aan my Blackberry (of Pers-Bessie soos ek haar noem). Sien, in die 90’s verstaan ek en onthou ek hoe ons sonder dit (sell foone) klaar gekom het maar tye het verander en ons het verander.

My verskoonings ook is geldig (dink ek)…

a) Ek is ‘n enkel vrou wat alleen bly … dus het ek niemand (behalwe ‘n amper 10 jaarige en 7 jarige seuns) om mee te praat nie.

b) … ok, ok, ok, ek kan sien dit gaan net kak verskoonings wees!

…. maar ek is verslaaf. Nes ‘n alkoholis daai eerste whisky/vodka benodig in die oggend, nes ‘n rooker daai sigaret net na ‘n maaltyd soek…nes soek ek my pers-bessie…

Ja, ja, mense raak maar geirriteerd met ons BB en BBM’s en en en  … My pers-bessie het net goed vir my gedoen. Ek het meer vriende, ek lag elke dag (te danke aan kinders vand die corn), ek kry beautiful boodskappe en aan moedigings van die Oppi Girls, ek weet presies wie is in en wie is uit met my Lions Span … te danke aan Lesbeen, Jaki en Shaun van Lions supporters, ek weet ten alle tye wat aan gaan by die Gym, spanx vir my Gym Guroos … die lys gaan aan en aan …

Maar ek skryf met ‘n swaar hart. Dinsdag het iemand met moerse lang vingers my pers-berrie gegaps … Ek is sad, de moer in, verlore….

Dis ‘n jammer dat in vandag se dae dit so veel erger is as jy jou foon verloor as wat jy jou verginity verloor … maar dis maar net hoe dinge is.

Vir die persoon wat my bessie, my mooi pers-bessie van my gevat het … ek hoop jy gaan deur my apps en gaan lees die op WordPress … en ek hoop jy kry ‘n vet gat kramp wat jou so seer maak dat jy nie kan sit vir ‘n week nie!

Vaarwel my beautiful PersBessie .. jy word gemis 😦

Bitter soet van Jasmine

Standard

Ek word gereeld vertel ek maak nie “oop” nie,is erger as ‘n man oor my “feelings” en vandag was ek weer vertel… so here fking goes… en verskoon tog…ek is op die bottel rooi wyn
2008, dis November…buite ruik dit ryk van Jasmine. Ek love Jasmine. Ek het dit aspris geplant want dit laat my terug dink aan my kinder dae in Cook avenue. Ekt in Cook avenue groot geword. Direk oorkant die huis in Cook was /is daar ‘n parkie en paar winkeltjies. Om die hoek is die bokkie park. Maar die beste was die Jasmine wat reg buite my kamer venster gegroei het. September tot December is dit al wat jy ruik.

Maar dis Nov2008, en al hoe wel die reuk van Jasmine sterk in die lug hang voel ek als behalwe contempt. Ek is stoksiel in die huis en die klank van Caleb van Kings of Leon en die glasie rooi wyn is al wat verhoed dat ek totaal en al mal word.
Ek moet mos “liberated” voel? Dis tog wat ek gesoek het…ek het mos my man gelos! Maar ek voel als behalwe ok… en nee, dis die laaste ding wat ek wou he. Maar dit moes gebeur en ek is als behalwe ok.

Ek het ingestem dat die kinders saam hom is die eerste naweek apart. En hier sit ek. Alleen. Ek het nie meer ‘n man nie. En met dit het ek cheers gese aan al die vriende van soveel jare. Dis moeilik en dit maak seer. Fokken seer. Seer wat ek nie vir enige iemand wil wens nie. Dis toe dat ek besluit het ek wil nooit ooit weer so voel nie…

Dis nou Maart 2012 en hier sit ek alweer stoksiel alleen op ‘n Sondag aand. Winter is sterk oppad. Jy voel die ysige wind al byt. Caleb sing alweer en ek besef met ‘n moerse slag oor daai belofte aan myself. Ek beskerm myself so teen daai seer dat opportunities kom en gaan en ek gryp dit net nie. Dit maak my net so seer om dit te besef. Dis asof ek stuck is. Maar dis nie omdat ek nie wil nie, ek weet net nie hoe om te laat gaan nie. Hoe vertrou mens ooit weer iemand met jou hart as die persoon vir wie jy so lief was jou so seer gemaak het…en dit nog doen. Beloftes was gemaak. En beloftes was gebreek.
Maar ek gaan in jaar 5 in en ek wil bitter graag glo…nee, ek weet, die jaar sal ek alles in my mag doen om niks opportunities meer te verloor nie.
So cheers julle, op die toekoms, op nuwe geleenthede, op geluk en dalk op soberty 😉

Verhale van fyn lyntjies

Standard

Almal soort van ken my situasie. Eks ‘n single ma. Dis glad nie ‘n big deal in vandag se dae nie. Baie mense (nie net vrouens nie) is ‘n enkel ouer. Maar vra vir elke een en hulle sal saam my stem, dit is vreeslik moeilik. Vreeslik moeilik om te cope en vreeslik moeilik om positief te bly.

Dae waar ek geen weg meer sien en die aakligste gedagtes in my kop kry gaan staan ek met trane in my oë en dan kyk ek in die spieël na my fyn lyntjies wat so effe form … elke lyntjie het ‘n storie…waar ek was en wat ek al gedoen het. My lag lyne en my hartseer lyne…dis als part van my verhaal.

In  my  30 jaar was daar ‘n paar hoofstukke van pyn en dan die awesomeste gebuertenisse.

En ek wat ek het…

Ekt my huisie, my honde, my kat waarvoor ek baie liefies voor is en natuurlik my hart se punt twee stout gat kiddies. Ek het vriende wat ander mense net van droom. My familie is altyd daar wanneer ek hulle die meeste nodig het.

…..en dan kyk ek met die trane in my oë in die spieël en smile … Dis net een van daai hoofstukke…die volgende een gaan ‘n awesome een wees…. en ja, ek is een van die gelukkigste mense op die aarde.

“This too shall pass…”

love.peace.light

xxxx

Single en Fabulous!

Standard

Dis maar soms vreeslik moeilik met die hele “single” ding. Veral as jy ‘n uhm…errr…”30-something” single gal is.

In ‘n wêreld waar almal “couplehood” celebrate is dit maklik om depresief te raak oor jou enkel lewe. MAAR ek glo vas wat so veel ander vrouens al gesê het “Jy het nie iemand nodig om jou gelukkig te maak nie.”

Ja, selfs ek kry maar my af dae waar ek na iemand verlang wat ek nie ken nie 🙂  En dit gebeur soms dikwels.

Ding is net. My ouderdom kom mens agter dat jy nie vir second best kan settle nie. Net die beste sal doen. En ja, ek weet ek is vol snert  (en ek sê sommer nou jammer aan seker mans daar buite wat my mooi gevra het vir ‘n kans) maar as jy weet vir ‘n feit dinge gaan net nie uitwerk nie hoekom “waste time”?

Daars iemand wat ek ken wat my ALTYD die selfde vraag vra. “En?? Hoe gaan dit met die liefdes lewe?” DIT MAAK MY MAL!!

Dis veral moeilik by familie byeenkomste en sommige vriende se events. Ek kry dikwels (veral met die familie ding) anxiety attacks! Ek is die enigste enkel “kind” in my familie. Ja, ek was verloof en ja ek het twee kinders maar dis nog steeds ‘n issue. Die feit dat ek (in ander mense se oë) ‘n wilde lewe het help ook niks.  Ek is wie ek is. En wanneer my kinders na hulle pa toe gaan ek beslis nie by die huis sit en brei nie.

Om troues toe te gaan is ook moeilik. En om van nog ‘n verloowing te hoor is net so torture!

Ja, ek stem. Dit is soms baie eensaam. En ja, dit sou lekker wees om te hoor van jou ander helfde hoe goed jy lyk of hoe spesiaal jy is.

Maar ek moet bieg…daar is moer baie advantages en ek deel graag maar net ‘n paar …

Tyd.en Besluite.. dis JOUNE … wel, as jy kids het soos ek is tyd  nie altyd nie maar sodra die apies by hulle pa is is tyd MYNE!  Iets so simple soos iemand gou te gaan ontmoet vir ‘n lang een by die Dros tot ‘n klomp girls oor hê vir “book club” is sommer ‘n baie maklike besluit want dit hang nie van iemand anders af nie!

Jy ken jou vriende… nou as jy in verhoudings soos ek was sal jy dit verstaan. Ek was af gesluit van die wêreld vir so lank. Ek het nou ‘n “sisterhood” for life!  Hulle sal altyd maar altyd my sisters wees!

Feeste (aka Festivals) … julle weet eks ‘n Oppikoppi Junkie. Maar toe ek involved was kon ek nooit gegaan het nie want my ander helfde hou nie van kamp nie of daar was altyd ‘n verskooning. Nou date k weet wat ek gemis het sal sal ek nie maklik ‘n fees weer mis nie!! Ek het my tent en my swart boks kamp essentials net vir feeste!

Met “30’s” besef ek ook wat meer belanriker is in ‘n man (kwaliteite)… Ek sou ‘n paar jaar terug veel eerder aan die jonger kant, skoon geskeerde en gespierde knaap aandag gee. Nou moet ‘n man soos ‘n man lyk. Hy moet self confident wees (nie arrogant nie) en die lead kan vat. Soos ‘n mede blogger die naweek geskryf het … jy kry sulke mans net nie meer so maklik nie. As jy my vra op ‘n date wees ‘n donnerse man en vat die lead… jy moet al klaar weet waar jy my wil vat!

 

Om ‘n enkele vrou te wees is ‘n bron van ontsteltenis vir baie vroue. Maatskaplike en familie druk kan selfs die mees vertroue vrou in haarself twyfel.  MOET NIE!!

Daar is geen ding soos second best nie girls! As jy nie seker is oor jou toekoms met iemand nie hoekom op wees aarde mors jy kosbare tyd?? Wees altyd seker! go for the brass ring and shoot for the stars”

Ek het my tyd genoeg gemors op die verkere mans…. no more! 

Ek is single and fabulous!

Love.Light.Peace