Tag Archives: jasmine

Bitter soet van Jasmine

Standard

Ek word gereeld vertel ek maak nie “oop” nie,is erger as ‘n man oor my “feelings” en vandag was ek weer vertel… so here fking goes… en verskoon tog…ek is op die bottel rooi wyn
2008, dis November…buite ruik dit ryk van Jasmine. Ek love Jasmine. Ek het dit aspris geplant want dit laat my terug dink aan my kinder dae in Cook avenue. Ekt in Cook avenue groot geword. Direk oorkant die huis in Cook was /is daar ‘n parkie en paar winkeltjies. Om die hoek is die bokkie park. Maar die beste was die Jasmine wat reg buite my kamer venster gegroei het. September tot December is dit al wat jy ruik.

Maar dis Nov2008, en al hoe wel die reuk van Jasmine sterk in die lug hang voel ek als behalwe contempt. Ek is stoksiel in die huis en die klank van Caleb van Kings of Leon en die glasie rooi wyn is al wat verhoed dat ek totaal en al mal word.
Ek moet mos “liberated” voel? Dis tog wat ek gesoek het…ek het mos my man gelos! Maar ek voel als behalwe ok… en nee, dis die laaste ding wat ek wou he. Maar dit moes gebeur en ek is als behalwe ok.

Ek het ingestem dat die kinders saam hom is die eerste naweek apart. En hier sit ek. Alleen. Ek het nie meer ‘n man nie. En met dit het ek cheers gese aan al die vriende van soveel jare. Dis moeilik en dit maak seer. Fokken seer. Seer wat ek nie vir enige iemand wil wens nie. Dis toe dat ek besluit het ek wil nooit ooit weer so voel nie…

Dis nou Maart 2012 en hier sit ek alweer stoksiel alleen op ‘n Sondag aand. Winter is sterk oppad. Jy voel die ysige wind al byt. Caleb sing alweer en ek besef met ‘n moerse slag oor daai belofte aan myself. Ek beskerm myself so teen daai seer dat opportunities kom en gaan en ek gryp dit net nie. Dit maak my net so seer om dit te besef. Dis asof ek stuck is. Maar dis nie omdat ek nie wil nie, ek weet net nie hoe om te laat gaan nie. Hoe vertrou mens ooit weer iemand met jou hart as die persoon vir wie jy so lief was jou so seer gemaak het…en dit nog doen. Beloftes was gemaak. En beloftes was gebreek.
Maar ek gaan in jaar 5 in en ek wil bitter graag glo…nee, ek weet, die jaar sal ek alles in my mag doen om niks opportunities meer te verloor nie.
So cheers julle, op die toekoms, op nuwe geleenthede, op geluk en dalk op soberty 😉