Tag Archives: spieel

Verhale van fyn lyntjies

Standard

Almal soort van ken my situasie. Eks ‘n single ma. Dis glad nie ‘n big deal in vandag se dae nie. Baie mense (nie net vrouens nie) is ‘n enkel ouer. Maar vra vir elke een en hulle sal saam my stem, dit is vreeslik moeilik. Vreeslik moeilik om te cope en vreeslik moeilik om positief te bly.

Dae waar ek geen weg meer sien en die aakligste gedagtes in my kop kry gaan staan ek met trane in my oë en dan kyk ek in die spieël na my fyn lyntjies wat so effe form … elke lyntjie het ‘n storie…waar ek was en wat ek al gedoen het. My lag lyne en my hartseer lyne…dis als part van my verhaal.

In  my  30 jaar was daar ‘n paar hoofstukke van pyn en dan die awesomeste gebuertenisse.

En ek wat ek het…

Ekt my huisie, my honde, my kat waarvoor ek baie liefies voor is en natuurlik my hart se punt twee stout gat kiddies. Ek het vriende wat ander mense net van droom. My familie is altyd daar wanneer ek hulle die meeste nodig het.

…..en dan kyk ek met die trane in my oë in die spieël en smile … Dis net een van daai hoofstukke…die volgende een gaan ‘n awesome een wees…. en ja, ek is een van die gelukkigste mense op die aarde.

“This too shall pass…”

love.peace.light

xxxx